Vindmiddels

BYBELVERSAMELING

Katalogus van die NG Kerk Argief se Bybelversameling.
Die meeste van die Bybelversameling se Bybels is gedeeltelik afgeneem en is by die Argief digitaal beskikbaar. Die volgende paratekstuele items was oor die algemeen gefotografeer: Die omslag, die lende, buiteblad, hoflikheidsblaaie (waarop eienaarskap, inskripsies, familiename, toewydings, notas, handtekeninge, Gemeentelike inligting ensovoorts aangeteken of ingeplak is), voorblad, regtebladsy, of notas wat in die Bybel se kantlyne aangebring is. Verder was al die items wat binne in die Bybel gevind is ook gefotografeer (kaartjies, briewe, knipsels, doodsberigte ensovoorts).

MUSIEK VERSAMELING

Kliek hier om die katalogus van die NG Kerk Argief se musiek versameling af te laai. Psalm- en Gesangeboeke en ‘n verskeidenheid kerkmusiek boeke in Afrikaans, Nederlands en verskeie Afrika-tale.

PREDIKANTE

Katalogus van Argiefbronne uit die privaat versamelings van verskeie predikante en ander kerkfigure. Hierdie vindmiddels is nie ‘n volledige indeks van al die inligting wat beskikbaar is oor die individue nie, maar kan deur navorsers as ‘n begin punt gebruik word.

Andries Adriaan Louw (1862-1956)

August Daniel Lückhoff (1874-1963)

Dr. Andrew Murray (1828-1917)

Skakels vir navorsing oor predikante:

Indeks van predikante wat in gemeentes van die NG Kerk gedien het