Tuis

WELKOM

Welkom by die Kerkargief van die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland). Die Kerkargief bewaar, beskerm en ontsluit die kerk se geskiedenis, erfenis en dokumentêre nalatenskap met argivale bronne wat terugdateer tot 1665. Deur hierdie waardevolle versamelings te versorg en toeganklik te maak, dra die argief by tot die bewaring van die kerk se geheue vir huidige en toekomstige geslagte.

Die argief ressorteer onder die Sinodale Taakspan vir die Argief (STA), ’n taakspan van die Sinodale Diensgroep vir Toerusting en Navorsing.

Klik op die onderskeie skakels om toegang tot relevante inligting te verkry.

Besoeke aan die Argief geskied slegs per afspraak.